Luister
Vir die eerste keer in die geskiedenis van die AWS is daar in die 2017-uitgawe ’n hoofstuk oor trappe van vergelyking ingesluit. Suléne Pilon en prof. Gerhard van Huyssteen gesels in hierdie episode van die VivA-AWS-reeks oor ’n paar wanopvattings met betrekking tot trappe van vergelyking en bespreek dan die agt reëls wat in die AWS opgeneem is.