Los en vas

Luister

In hierdie episode van die VivA-AWS-reeks bespreek prof. Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon een van die moeilikste kwessies in die Afrikaanse ortografie, naamlik wanneer ’n mens woorde los of vas aan mekaar skryf. Hulle gesels oor die algemene beginsels en praat in besonderhede oor samestellings in Afrikaans. Hierdie episode behoort jou te help om die reëls in die AWS maklik te kan toepas.