Lyste en bylaes

Die eeufeesuitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is op 3 Augustus 2017 amptelik bekendgestel. In ’n podsendingreeks van die Virtuele Instituut vir Afrikaans bespreek verskillende lede van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns dié elfde uitgawe in detail. In die eerste twee episodes word ’n algemene oorsig oor die AWS gegee; daarna word elk van die dele waaruit die boek bestaan, in afsonderlike episodes bespreek.

Klik op die skakels in hierdie subkieslys om na die bespreking van elke bylae afsonderlik te luister en jou kennis van die inhoud op ’n interaktiewe manier te toets.

*Die toetsaktiwiteite word in die loop van 2022 een-een bygevoeg.