Kappie

Luister

Die hoofstuk oor die kappie is die tweede kortste hoofstuk in die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017). As jy al gewonder het waarom skêr mét ’n kappie geskryf word, maar perd nié, luister dan in hierdie episode van die Virtuele Instituut vir Afrikaans se AWS-reeks na die onderliggende beginsels met betrekking tot die gebruik van die kappie. Proff. Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar is aan die woord.