Die AWS

AWS11
AWS11

Die elfde, verbeterde uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) het in 2017 verskyn, presies ’n eeu ná die eerste publikasie van die Afrikaanse woordelijs en spelreëls in 1917. Om ’n taal formeel as skryftaal te kodifiseer, is ’n komplekse proses en nóú verweef met die politieke en sosiale leefwêreld van sy sprekers. Oor die afgelope meer as honderd jaar het die Taalkommissie van die Suid‑Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns die taak gehad om Afrikaans as skryftaal te help vestig. Aan die een kant neem die TK leiding deur reëls vir die eenvormige spelling en skryfwyse van Afrikaans aan gebruikers beskikbaar te stel. Aan die ander kant weerspieël die Taalkommissie se werk die altyd groeiende woordeskat, segswyse en behoeftes van Afrikaans se skrywende gemeenskap. Die resultaat van hierdie opdrag word telkens in ’n nuwe uitgawe van die AWS as Afrikaans se oudste lewende taalhulpbron weerspieël – soos opnuut in die termyn van hierdie TK moet gebeur.

TK-Bekendstelling-AWS11

* Klik om te blaai.

Taalkommissie 2017
Taalkommissie (2017)
Van links na regs: dr. Frikkie Lombard (WAT), dr. Phillip Louw (OUP), prof. Frank Hendricks (UWK), Jana Luther (HAT), Suléne Pilon (UP), prof. Herman Beyer (UNAM), Sophia Kapp (VivA), prof. Gerhard van Huyssteen (NWU)
AWS 1917-2017
(Netwerk24, 4 Augustus 2017)

Lees ook

Geskiedenis van die AWS

Van die Taalkommissie se geskiedenis sedert die verskyning van die eerste Afrikaanse Woordelijs en Spelreëls in 1917 gee prof. Christo van Rensburg in Junie 2017 in Tydskrif vir Geesteswetenskappe hierdie oorsig:

VanRensburgC_AWS-na-100-jaar

* Klik om te blaai.

Luister

In die eerste episode van die Virtuele Instituut vir Afrikaans se reeks oor die AWS (gepubliseer in 2018) beantwoord die destydse voorsitter, prof. Gerhard van Huyssteen, twee vrae:
1. Wat is die AWS?
2. Hoekom moet ’n mens die AWS gebruik?

In hierdie episode word ook ’n oorsig oor hierdie reeks podsendings gegee. Luister na die opeenvolgende aflewerings oor AWS-hoofstukke en -bylaes in die afdeling Toets jou kennis van hierdie blad.

Kry die AWS

  • Bestel die boek.
  • Teken in op die volledige AWS (reëls, woordelys en bylaes in Pharos Aanlyn).
  • Raadpleeg gratis* in VivA se woordeboekportaal of slimfoontoepassing
    (*slegs die woordelys, afkortings en simbole, buitelandse geografiese name, geldeenhede en elemente in die periodieke tabel).