Page likes: 13,607
Die Taalkommissie
(opens in a new tab)Die Taalkommissie (TK) van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Baie geluk aan ons TK-kollega Terrence Carney met 'n insiggewende en suksesvolle publieke lesinUFS Department Afrikaans and Dutch, German and French.y UFS laas Vrydag!
This content isn't available right now
When this happens, it's usually because the owner only shared it with a small group of people, changed who can see it or it's been deleted.
Vandag, 14 Augustus, vier ons Afrikaanse Taaldag! Hoewel Afrikaans nie ’n enkele geboortedag of -plek het nie, word 14 Augustus as ’n simboliese verjaardag van Afrikaans gevier, omdat die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op dié dag in 1875 gestig is – ’n belangrike gebeurtenis in die beweging om Afrikaans as skryf-, skool- en kanseltaal te erken. Vandag vier ons Afrikaans in sy volle omvang: al sy variëteite, tongvalle en vorme, en die verskillende gemeenskappe wat die taal lewendig hou. Hoewel die Taalkommissie se spesifieke opdrag die kodifisering van geskrewe, algemene Afrikaans is, erken ons die waarde en belang van die breë Afrikaanse taalgemeenskap. Ons vier ook die belangrike rol wat die Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns oor meer as ’n eeu gespeel het in die ontwikkeling en bevordering van Afrikaans as ’n taal van wetenskap, kennis, letterkunde en kuns.
In Sondag se 𝘙𝘢𝘱𝘱𝘰𝘳𝘵 reageer Suléne Pilon op Carryn-Ann Nel se lesersbrief van 12 Julie, waarin sy aangevoer het dat woorde soos "smaakmaker" en "toep" kunsmatig is – sogenaamde "laboratoriumwoorde" – wat sy nooit sal gebruik nie, omdat Afrikaans volgens haar "geskep word soos ons doen en praat en dink."In haar reaksie wys Suléne daarop dat daar geen taalkundige rede is waarom woorde soos "huidiglik", "smaakmaker" of "toep" nie gebruik sou "mag" word nie. Ons reaksies op woorde word dikwels eerder deur persoonlike ervarings, emosionele assosiasies, klank en die invloed van ander sprekers gevorm as deur taalreëls.Woorde is immers nie bloot etikette wat ons aan dinge toeken nie. Hulle dra herinneringe, emosies, vooroordele en persoonlike ervarings saam. Daarom laat sommige woorde ons glimlag, ander ontroer ons, en nog ander laat ons behoorlik gril. Uiteindelik is dit die spraakgemeenskap wat besluit watter woorde posvat. Elke woord was immers eens nuut – en as 'n woord ingeburger raak, word dit deel van die taal. Daarom sê ons reaksie op 'n woord dikwels meer oor ons eie ervaring daarmee as oor die woord self.www.netwerk24.com/stemme/menings/laat-snor-jou-gril-dis-wat-maak-dat-jy-n-woord-smaak-of-nie-2026...
Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) is besig om na sy nuwe tuiste te verhuis en kan nou op 'n splinternuwe webblad, moontlik gemaak deur Maskew Miller Learning, geraadpleeg word.As jy reeds via VivA Afrikaans op die HAT ingeteken is, hoef jy niks nuuts te doen nie – gebruik eenvoudig jou bestaande HAT-intekenbesonderhede om aan te meld, wat jy onder onder "Subskripsies" op VivA se blad vind.En die beste nuus? Die webweergawe word deurlopend intyds bygewerk, sodat jy altyd toegang tot die jongste inhoud het.Probeer dit nou: www.mmlhat.co.za
Sterkte aan ons twee kollegas wat in Augustus as beoordelaars vir Akademia en VivA Afrikaans se Woordmeesterstaalkompetisie gaan optree!
This content isn't available right now
When this happens, it's usually because the owner only shared it with a small group of people, changed who can see it or it's been deleted.
