Wat is dit?
In hierdie lys kan jy die korrekte spelling, in Afrikaans, van die name van plekke in Suid-Afrika naslaan.
Die lys is saamgestel, en word in stand gehou en bygewerk, deur die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Klik hier onder om die toepassing oop te maak, die lys te sien en jou eie kommentaar by te voeg.
Agtergrond
Die TK kry dikwels navrae oor die korrekte spelling van plekname in Afrikaans, maar daar is nie ’n enkele, resente, vertroude bron waarin Afrikaansgebruikers dit kan naslaan nie. Daarom is hierdie lys, wat gebaseer is op amptelike bronne, korpusfrekwensies en gebruikersinsette, saamgestel en op ’n aanlyn platform gehuisves waar dit maklik bygewerk kan word. Let egter daarop dat die TK nie die skryfwyse van plekname bereël nie en geen gesag oor die toekenning of spelling daarvan het nie; wysigings word slegs aangebring indien dit met gesaghebbende bronne geverifieer kan word.
Wat kry ek in die SA Pleknaamlys?
Elke artikel bevat:
- Die huidige naam van ’n stad, dorp of nedersetting
- Indien die plek ook anders genoem word, of voorheen ’n ander naam gehad het, die alternatiewe naam of name
- Jaar van wysiging, indien enige, indien bekend
- Die GPS-koördinate van die plek
- Die ligging van die plek op ’n Google-kaart
Help ons
Die inskrywings in die databasis is in die loop van 2024 so goed moontlik deur die Taalkommissie nagegaan. Let egter daarop dat ons die lys steeds as ’n betaweergawe beskou. Ons nooi jou hartlik uit om hier, saam met ons, daaraan voort te werk. Stel gerus byvoegings voor. Wys ons asseblief op foute.
Om ’n wysiging of nuwe pleknaam voor te stel
- Maak die toepassing oop.
- Klik boaan die bladsy op [Wysig lys].
- Maak die nodige aanpassings op die vorm.
- Dien jou voorstel in.