Toets jou kennis

Die eeufeesuitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is op 3 Augustus 2017 amptelik bekendgestel. In ’n podsendingreeks van die Virtuele Instituut vir Afrikaans bespreek verskillende lede van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns dié elfde uitgawe in detail. In die eerste twee episodes word ’n algemene oorsig oor die AWS gegee; daarna word elk van die dele waaruit die boek bestaan, in afsonderlike episodes bespreek.

Klik op die skakels in hierdie subkieslyste om na die bespreking van elke hoofstuk en bylae afsonderlik te luister en jou kennis van die inhoud op ’n interaktiewe manier te toets.

*Die toetsaktiwiteite word in die loop van 2022 een-een bygevoeg.

Taalkommissie (2017)
Van links na regs: dr. Frikkie Lombard (WAT), dr. Phillip Louw (OUP), prof. Frank Hendricks (UWK), Jana Luther (HAT), Suléne Pilon (UP), prof. Herman Beyer (UNAM), Sophia Kapp (VivA), prof. Gerhard van Huyssteen (NWU)

Kry die AWS

  • Bestel die boek.
  • Teken in op die volledige AWS (reëls, woordelys en bylaes in Pharos Aanlyn).
  • Raadpleeg gratis* in VivA se woordeboekportaal of slimfoontoepassing
    (*slegs die woordelys, afkortings en simbole, buitelandse geografiese name, geldeenhede en elemente in die periodieke tabel).