Cover for Die Taalkommissie
13,561
Die Taalkommissie

Die Taalkommissie

Die Taalkommissie (TK) van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

3 weke gelede

Die Taalkommissie
Die vierde Small Languages, Big Ideas-kongres het van 16 tot 18 Maart by die kantoor van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria plaasgevind. Die kongres is deur die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA Afrikaans) gereël, in samewerking met personeel van Akademia se Taalsentrum.Vanjaar se kongres, met Reinhild Vandekerckhove van die Universiteit van Antwerpen en Donovan Lawrence van die Universiteit van Wes-Kaapland as hoofsprekers, het gefokus op taalvariasie en die insigte wat dit vir taalteorie kan bied.As deel van die program het die TK-voorsitter, Suléne Pilon, gister ’n aanbieding gelewer waarin sy besin het oor die Taalkommissie se beskouing van die standaardvariëteit van Afrikaans, die geskiedenis van die TK en Standaardafrikaans, die werkswyses van die kommissie, die verhouding tussen die standaard en ander variëteite, asook die pad vorentoe. ... Sien meerSien minder
View on Facebook

2 maande gelede

Die Taalkommissie
Ondersteun gerus ons kollega Fransisca-chane Julius by die Stilbaai-boekefees aan die einde van Februarie! ... Sien meerSien minder
View on Facebook

4 maande gelede

Die Taalkommissie
RSG se ontbytprogram 𝘖𝘱 𝘦𝘯 𝘞𝘢𝘬𝘬𝘦𝘳 het die afgelope week vir luisteraars gevra om te stem vir hulle woord van die jaar. Die kortlysopsies – ingestuur deur Maureen van Helden van VivA Afrikaans, Ina Strydom van RSG, die Taalkommissie en die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) – was "kunsmatige intelligensie", "vlugteling" en "Afrikanerdebat", met eersgenoemde wat uiteindelik as die wenwoord aangewys is. Vanoggend het Suléne en dr. Phillip Louw van die WAT met Gustav en Renske hieroor gesels.Suléne het aangedui dat dit ’n konsep is wat al vir dekades bestaan, hoewel dit sedert 2022 ’n oplewing beleef as gevolg van die ontwikkeling van groot taalmodelle en generatiewe kunsmatige intelligensie. Sy het ook beklemtoon dat die agentskap ten opsigte van woorde wat deel van die standaardwoordeskat vorm, steeds by die taalgebruikers berus. Indien daar dus gebruikers is wat voel dat akronieme soos “KI” tot potensiële dubbelsinnigheid met ander gevestigde betekenisse van dieselfde akroniem kan lei, berus die onus by hulle om dit konsekwent in geskrewe vorm te gebruik – iets wat moontlik tot hoër frekwensies in gevestigde publikasies kan lei en uiteindelik tot die inburgering en opname daarvan in die standaardwoordeskat.Phillip het ook daarop gewys dat die gehalte van Afrikaanse inhoud wat deesdae deur KI-hulpmiddels geskep word, drasties verbeter het en dat dit reeds deel vorm van die Afrikaanse kollektiewe psige. Hoewel daar nog trepidasie bestaan oor die gebruik van generatiewe kunsmatige intelligensie, is daar tegelykertyd opgewondenheid oor die geleenthede wat dit vir leksikograwe en leksikografiese hulpmiddels kan inhou.Hulle het voorts hul menings uitgespreek oor Oxford se woord van die jaar, “rage bait”, wat Ina Strydom na Afrikaans vertaal het as “reaksieaas”.omny.fm/shows/op-en-wakker/op-en-wakker-se-woord-van-die-jaar ... Sien meerSien minder
View on Facebook

Nou op X