Cover for Die Taalkommissie
13,545
Die Taalkommissie

Die Taalkommissie

Die Taalkommissie (TK) van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

4 weke gelede

Die Taalkommissie
RSG se ontbytprogram 𝘖𝘱 𝘦𝘯 𝘞𝘢𝘬𝘬𝘦𝘳 het die afgelope week vir luisteraars gevra om te stem vir hulle woord van die jaar. Die kortlysopsies – ingestuur deur Maureen van Helden van VivA Afrikaans, Ina Strydom van RSG, die Taalkommissie en die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) – was "kunsmatige intelligensie", "vlugteling" en "Afrikanerdebat", met eersgenoemde wat uiteindelik as die wenwoord aangewys is. Vanoggend het Suléne en dr. Phillip Louw van die WAT met Gustav en Renske hieroor gesels.Suléne het aangedui dat dit ’n konsep is wat al vir dekades bestaan, hoewel dit sedert 2022 ’n oplewing beleef as gevolg van die ontwikkeling van groot taalmodelle en generatiewe kunsmatige intelligensie. Sy het ook beklemtoon dat die agentskap ten opsigte van woorde wat deel van die standaardwoordeskat vorm, steeds by die taalgebruikers berus. Indien daar dus gebruikers is wat voel dat akronieme soos “KI” tot potensiële dubbelsinnigheid met ander gevestigde betekenisse van dieselfde akroniem kan lei, berus die onus by hulle om dit konsekwent in geskrewe vorm te gebruik – iets wat moontlik tot hoër frekwensies in gevestigde publikasies kan lei en uiteindelik tot die inburgering en opname daarvan in die standaardwoordeskat.Phillip het ook daarop gewys dat die gehalte van Afrikaanse inhoud wat deesdae deur KI-hulpmiddels geskep word, drasties verbeter het en dat dit reeds deel vorm van die Afrikaanse kollektiewe psige. Hoewel daar nog trepidasie bestaan oor die gebruik van generatiewe kunsmatige intelligensie, is daar tegelykertyd opgewondenheid oor die geleenthede wat dit vir leksikograwe en leksikografiese hulpmiddels kan inhou.Hulle het voorts hul menings uitgespreek oor Oxford se woord van die jaar, “rage bait”, wat Ina Strydom na Afrikaans vertaal het as “reaksieaas”.omny.fm/shows/op-en-wakker/op-en-wakker-se-woord-van-die-jaar ... Sien meerSien minder
View on Facebook

2 maande gelede

Die Taalkommissie
Wat is die realiteite en uitdagings vir minderheidstale soos Afrikaans?Vanjaar se Taalkommissie-seminaar is op 6 November deur prof. Theo (Theodorus) du Plessis, professor emeritus aan die Universiteit van die Vrystaat, gelewer. Die titel van sy lesing was "Suid-Afrika se taalbeleidsraamwerk – bykans 30 jaar later." ... Sien meerSien minder
View on Facebook

Nou op X